Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Hoekom moet jy op Gaan Groot Online Radio adverteer?

Die antwoord is baie eenvoudig! Jou besigheid is vir ons belangrik!

Gaan Groot Radio  bied 'n bekostigbare advertensiemedium wat 'n massa-gehoor in beide Afrikaans en Engels kan bereik. Ons multi-media advertensiebenadering bied 'n ideale geleentheid wat individueel vir jou, die adverteerder, saamgestel word. Dit bied aan jou besigheid (klein of groot) die geleentheid om jou teikenmark oor radio, en sosiale media platforms, gelyktydig te bereik - volgens jou voorsiene begroting!

UNIEKE Gaan Groot Radio Produk!

Wees die eerste nuwe of kleinsake-eienaar om jou een-jaar radio-advertensieveldtog met ons te registreer, en ons sal jou webwerf ontwerp en publiseer op 'n baie lae koste, insluitend 3 e-pos adresse. Om jou selfs verder te help, sal ons al jou sosiale media bladsye met jou webwerf aaneenskakel, sodat jy onmiddellike regstreekse skakels het om jou webwerf op datum te hou. Kontak ons vandag nog om seker te maak jou besigheid word raakgesien!

Gaan Groot Radio is jou nommer een radiostasie in die Hele Weskaap  en omliggende gebiede, maar ook wêreldwyd vir die duisende Suid-Afrikaners wat uit ons pragtige land geëmigreer het en steeds alles wat LEKKER Afrikaans en LEKKER bekend is wil ervaar.  radio stasie. Gaan Groot Radio  is ‘n opwindende tendens-stellende, opvoedkundige en insiggewende radiostasie, gebore op 1 Februarie 2019 toe dit vir die eerste keer begin uitsaai het via internet en selfoon.

Gaan Groot Radio  fokus op topgehalte vermaak, spesifiek vir Afrikaans-sprekende luisteraars in die groter Weskus omgewing. By Gaan Groot Radio  word elke luisteraar gemotiveer om ‘n positiewe uitkyk en houding te ervaar teenoor ons pragtige land, sy mense, sy diversiteit en sy lewe. Gaan Groot Radio bied nie-politiese programme en inhoud gemik daarop om die lewenstyl, aktiwiteite en belange van ons teikengehoor en die plaaslike gemeenskap te weerspieël. Ons speel LEKKER-luister Afrikaanse musiek en streef na die opheffing van ons direkte gemeenskap deur die skep van werksgeleenthede, en   bevordering van Suid-Afrikaanse musiek en kunstenaars.