Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Roux Cloete

Posted 1/15/2020

 

Op die ouderdom van 22 staan sanger-liedjieskrywer Roux Cloete op die drumpel om die popwêreld te skud met die slim-getitelde liedjie "Perfek"!Op die ouderdom van 22 staan sanger-liedjieskrywer Roux Cloete op die drumpel om die popwêreld te skud met die slim-getitelde liedjie "Perfek"! Cloete -- gebore, getoë en steeds baie gelukkig in Potchefstroom -- is reg om sy talent as liedjieskrywer tot nuwe hoogtes te neem danksy 'n ooreenkoms met EMI Music. "Ek het lirieke begin skryf terwyl ek op skool was, so op 15," sê Cloete van sy eerste versigtige treë tot in die vermaaklikheidswêreld. "Om te sing was nie iets wat ek oorweeg het tot 'n paar jaar gelede nie." Ook maar goed so, want sedertdien het sy geluk en die mense wat sy loopbaan beïnvloed het, hom in die beste rigting gestuur. Cloete se verhouding met sy platemaatskappy strek terug tot meer as twee jaar gelede, lank voor hulle besluit het om hulle wederkerige respek amptelik te maak en dit in treffergeskiedenis te verander. "In 2010 het ek 'n enkelspeler ["Kaart Huise"] aan Kevin Grenfell gestuur, en van toe af het ons kontak behou. Elke keer as ek iets nuuts gedoen het, het ek dit met hom gedeel." In dieselfde jaar wat Cloete sy BA graad, met kommunikasie as hoofvak, voltooi, sal hy ook sy debuutalbum vrystel -- dus is 2012 'n tyd wat vriende en familie sal koester as een waartydens die popwêreld nog 'n multi-talentvolle ster ryker word. "Tussen my studies het ek tyd spandeer met die Coleski broers, wat deurslaggewend was om my 'n beter skrywer te maak." Cloete is geen vreemdeling op AKTV-verhoë nie en gryp elke geleentheid om op te tree aan. Hy het die grootste deel van sy jong lewe sover daaraan gewy om oorspronklike musiek te skep wat nou, deur EMI Music se toedoen, deur die wêreld geniet kan word. Vroeër in 2012 het Cloete homself by 'n kruispad bevind. Sy groot liefde vir musiek het neergekom op 'n fyn balans tussen kreatiwiteit en die room van popkultuur, alles netjies saamgerol in 'n ware kans op die trefferlyste. "Ek het so baie gegroei gedurende die afgelope vier jaar", bevestig hy. "Dit voel nóú reg, danksy die leiding wat ek oor die jare ontvang het, tesame met EMI se verbintenis om dit wat ek doen sover as moontlik uit te dra." Alhoewel hy die enigste lid van sy naaste familie wat deur die kunsgogga gebyt is, bly sy ma en pa sy beste kritici. "Hulle hou my voete op die grond," bevestig hy my met 'n glimlag. Hy het alreeds 'n boek met gedigte, lirieke en ander kreatiewe juwele saamgestel, en sy oorspronklike deugsaamheid strek duidelik ver verby die aansteeklike melodie van "Perfek". "Wanneer die tyd reg is sal ek graag ook akteur wil wees, musiekblyspele vervaardig en uiteindelik die dramawêreld verken," voeg hy by. Cloete beskryf sy musiek as rangskikkings wat bymekaar gehou word deur eerlike lirieke, en "Perfek" lewer 'n baie helder boodskap op wat omhels word deur 'n aantreklike melodie. "Ek wil hê my musiek moet mense van heinde en verre bereik," sê hy. "Perfek" is sy eerste skepping wat hy as liedjieskrywer, samesteller en uitvoerder sy eie kan noem, en Cloete is nuuskierig om te sien hoe dit sal vaar op radiotrefferlyste regoor die land. "Wat ek doen verg baie harde werk," dring hy aan. "Dit het toewyding, volharding en passie geneem om my loopbaan te lanseer. My droom is dat elkeen wat "Perfek" hoor, meer sal wil hê. Dis alles verskriklik opwindend. Hoe meer mense hierdie reis met my kan deel, hoe beter."

 Op die ouderdom van 22 staan sanger-liedjieskrywer Roux Cloete op die drumpel om die popwêreld te skud met die slim-getitelde liedjie "Perfek"!

https://youtu.be/LyEine_7Al8?list=RDEDk7v69b6XU&t=134