Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Morne van der Sandt

Posted 1/15/2020

Morné van der Sandt se liefde vir musiek het al kleintyd begin toe sy pa om die braaivuur kitaar gespeel het. Vandag het hy al talle van sy eie treffers uitgebring en vir homself groot naam gemaak in die musiekbedryf. Sy nuwe album sien ook amper die lig en jy sal dit een van die dae op die rakke, asook ander digitale platforms kan kry.

Waar het jou liefde vir musiek begin? Wat sou jy sê was jou deurbraak?

“Musiek was altyd ’n groot deel van ons huis terwyl ek grootgeword het, my pa speel ongelooflik goed kitaar (vandat hy 17 is en dis nou al ’n goeie 45 jaar later) en dit was maar altyd vir ons ’n gedoente om bietjie te sing en musiek te speel by die braai. Dit het so half die liefde daarvan aan die brand gekry. Ek sou sê my deurbraak was met my heel eerste album, Hier’s ek nou. Die eerste liedjie wat vrygestel was, was Heeltyd Speeltyd, mense het grootliks aanklank by die ‘party vibe’ gekry wat ek doen en alles het daar begin.”

Met watter projekte is jy tans besig?

“Tans is ons in die proses om my nuwe album af te handel. Daar was hier en daar klein werkies en dingetjies wat ek wou beter maak en verander en ek kan uiteindelik sê, ek is klaar.