Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Sanger : Edian Barnard - E-mail :edian.barnard@hermanus.co.za

CD GEBORG deur : Prestige Panel Beaters

https://www.facebook.com/prestigehermanus

 

Besoek gerus sy  Facebook by https://www.facebook.com/edianbarnardmusic

Ek is gebore in Kaapstad op 16 January1976. 

Ek is ‘n nederige eensydige kompartement in n verbygaande trein.  By elke stasie wat ek stop wil ek jou ‘n deel van myself en ‘n lewensles of 2 uit ‘n negatiewe duisternis meedeel.
 

Ek is aristokraties, nostalgies swart en wit tot lig. My musiekloopbaan het begin elke keer as ek ‘n negatiewe ondervinding gehad het, dan het ek na my kitaar gereik en woorde het net metafories gevorm om uiteindelik in ‘n nostalgiese song te verander en dit het my laat besef dat musiek my troos is.

 

My eerste lied was EK SIEN JOU.  Die oorsprong daarvan was afwesige ouers en verlore kinders. Sover is elke skryfstuk geinspireer deur iets wat gebeur het en dan volg die res van die woorde net saam.  Ek sing nie net liede wat in my genre pas nie. Ek doen ook balades en musiek met lekker ritme en samesyn musiek, en ook enige iets wat by my stemtoon pas.

 

Een van my hoogtepunte was om vir Steve Hofmeyr, Gian Groen, Steff Kruger en Jody Wayne se show oop te maak as voorsanger. 

Ek is eerlik opreg dankbaar!  God is altyd my meester!